Hendrik se Afrikaanse Plek


Kom sit, wat drink jy? Ek is besig met 'n kasteel, my gunsteling bier.

Ek het groot planne met die plek. Soos jy kan sien is ek nog besig om die plek reg te kry. Hier is nog nie veel nie, kom weer terug om te sien hoe dit vorder.

As jy hier uitgekom het vanaf 'n blad met rame, sal jy opmerk dat die blad uit die rame uitbreek en op sy eie staan. Dit is nou te sê as jy 'n leser gebruik wat Java verstaan en jy dit nie afgesit het nie. As jy graag die "script" (gee my tog 'n afrikaanse woord) wil hê, laat weet dan stuur ek hom. Jy kan natuurlik ook die bladsy se kode bekyk om dit te kry.

As jy meer van my wil weet, hier is blaai met persoonlike besonderhede oor my en my gesin.

Ek beplan 'n blad met skakels na ander Afrikaanse plekke. Op die oomblik is dit maar effentjies maar jy is welkom om te gaan loer.


Skryf tog 'n ou boodskappie in my boek.
OF
stuur 'n e-pos boodskap
[email protected].

As jy wil sien wat ander ouens geskryf het,
lees my boek.


Laas bygewerk op 12 Desember 1997.